SA 'kan gemerk word oor nie-uitlewering'
Hierdie is 'n uittreksel uit 'n artikel geskryf deur Philip de Bruin en wat verskyn het in die Beeld van 12 Mei 2004
 
Suid-Afrika loop die gevaar om gebrandmerk te word as 'n land wat nie sy internasionale pligte nakom nie as voortgegaan word met die weiering om 'n veroordeelde Kanadese kindermolesteerder uit te lewer.
So sê adv. Rodney de Kock, SC, direkteur van openbare vervolging in die Wes-Kaap, in 'n beëdigde verklaring wat gister by die konstitusionele hof ingedien is.
De Kock doen aansoek om appèl na die hof nadat die Kaapse Hooggeregshof Trever Robinson vrygelaat het ondanks 'n Kanadese aansoek om uitlewering. Robinson het in 1996 uit Kanada na Kaapstad gevlug nadat hy aan die seksuele molestering van 'n meisie skuldig bevind is.
Die Kanadese hof het Robinson in Desember 1996 in sy afwesigheid gevonnis - en dit is presies die rede waarom regters W.G. Thring en P.Dlodlo verlede maand vir Robinson vrygelaat het. Die regters het bevind dat 'n vonnis in afwesigheid neerkom op 'n ongrondwetlike aantasting van Robinson se reg op 'n regverdige en billike verhoor en hat hy gevolglik nie aan Kanada uitgelewer kan word nie.
De Kock sê in sy verklaring vonnis in afwesigheid kan in geen omstandighede 'n aantasting van 'n aangeklaagde se reg op 'n billike verhoor wees as hy doelbewus uit sy land vlug nadat hy skuldig bevind is nie.
"Strafregtelike verrigtings sal in effek verlam word as aangeklaagdes vlug pleks van om hul verhoor by te woon en daarna boonop die 'voordele' van hul ontvlugting kry. 'n Aangeklaagde wat tydens sy verhoor vlug, doen uitdruklik afstand van sy reg om by sy verhoor teenwoordig te wees.
"Alle lande...
Hoofregter Arthur Chaskalson oorweeg nog die appèlaansoek
 
Bogenoemde is slegs uittreksels uit die betrokke atrikel. Die volledige artikel kan by Beeld gekry word.
* Kopiereg word deur Beeld voorbehou

'n Paar interessante vrae wat uit bogenoemde hofsaak na vore kom is die volgende 
1. Indien dit so is dat 'n vonnis in afwesigheid neerkom op 'n ongrondwetlike aantasting van 'n persoon  se reg op 'n regverdige en billike verhoor, waar plaas dit dan die Reël 43 aansoek waar uitspraak altyd gelewer word in die afwesigheid van die respondent? Die respondent word op geen stadium toegelaat in die hof nie. Of is die "voorreg" om in die hof te mag wees, of getuienis te ondervra slegs bedoel vir kindermolesteerders?
2. Indien dit so is dat die uitspraak geld vir alle persone, beteken dit dat die hof voortaan kruisondervraging en aanwesighed in die hof gaan toelaat? Gaan die hof ook alle uitsprake wat bekom is deur die Reël 43 waar die respondent nie toegelaat is in die hof as nietig verklaar aangesien dit ongrondwetlik is?

Buy my eBook " Survive your divorce financially" for only R250

Free!   Fill in my "Divorce Questionnaire" and receive my eBook "Financial Divorce Tips by a Divorcee" for free

Links
Home
About me
eBook Introduction

 
eBook Questions
English Questionnaire
Afrikaans Questionnaire
Buy eBook
Website Links
Contact me
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Egskeidings, onderhoud en die reel 43 in Suid Afrika